Hierdie webblad word opgedra aan al my naamgenote. Almal wat vanne vir name het, mensekinders wie hul oumagrooitjie se nooiensvan as voornaam dra... julle is nie alleen nie!
Meeste mense het 'n redelike voor die hand liggende naam soos Pietie of Jannie, nie ek nie, my naam is Burger en trots daarop.
Aanvanlik moes ek getergery verduur en saam lag oor eenvoudige grappies wat eenvoudige maatjies met "regte" name "self opmaak".
Deur my hele lewe nog het mense dieselfde grappies te make oor my naam, op 'n stadium kon ek nie meer saam lag nie, nie eers uit respek nie.
Ek het later heeltemal ophou lag vir grappies in die algemeen, meestal omdat ek probeer varstaan wat so snaaks is... en het agter gekom dat wanneer ek te kenne sou gee dat ek nie die grappie vang as almal ophou lag het nie, dit gewoonlik snaakser was as die grappie self.
So het ek maatjies kon maak. Meeste van hulle is nou op facebook. Dankie vir julle vriendskap.
Burger Viviers
Om 'n webblad op te stel is deesdae baie maklik en boonop verspot goedkoop. Kontak my gerus as jy besigheid wil gesels.